(Geneem uit Huibrie Verster, Die Vrystaatse Jeugkoor pp 143-160)
1. Stigting van die Natalse Jeugkoor
Die Vrystaatse Jeugkoor het vanaf 23-25 Julie 1967, in samewerking met die Provinsiale Administrasie van Natal, vyf konserte in Pietermaritzburg en Durban aangebied. … Tydens ‘n onthaal na afloop van die konsert het (die destydse Administrateur van Natal, T.J.A. Gerdener) Dirkie de Villiers versoek om ‘n memorandum op te stel waarin die organisasiewyse van die Vrystaatse Jeugkoor uiteengesit is. Die Administrateur het die aand verder die voorneme uitgespreek om ‘n soortgelyke koor vir begaafde kinders in Natal te stig.
By sy terugkeer in die Vrystaat het De Villiers so ‘n inligtingstuk opgestel wat aan Gerdener voorgele is. Met hierdie inligting as vertrekpunt, is die stigting van ‘n Natalse Skolekoorop 24 November 1967 deur die Uitvoerende Komitee van Natal goedgekeur. (Die naam “Natalse Jeugkoor is amptelik in 1973 aangeneem.)
J.H. (Hein) de Villiers, ‘n musiekinspekteur, is destyds aangestel as vaste koorleier met die opdrag om deur middel van keuring ‘n koor uit leerlinge van Natalse skole saam te stel. Die premiere van die koor het op 11 Oktober 1968 plaasgevind. … Vanaf 1972 tot 1973 (is) die bystand van ‘n hulpdirigent, A.H. Wasserman, verwelkom.
- In 1970, tydens die 3de bestaansjaar van die koor, het Georg Gruber, afrigter van die Rhodes Kamerkoor in Grahamstad, die Natalse Jeugkoor uitgenooi om op grond van “‘n voortreklike standaard”, as gaste van sy koor in Grahamstad op te tree.
Omdat die twee jeugkore tot in die sewentigerjare die aktiefste en bekenste in Suid-Afrika was, is hulle dikwels saam vir optredes uitgenooi:
- 4 en 6 Oktober 1969: Uitvoering in Bloemfontein en Kroonstad
- 25 en 26 September 1970: Konserte in Durban en Pietermaritzburg
- 28 Mei 1971: Optrede op Stellenbosch as deel van die Republiekfeesvierings
- 8 Junie 1974: ‘n Uitvoering in Johannesburg saam met die Junior Simfonie-orkes van die SAUK.
Van hierdie optredes skryf Hein de Villiers die volgende: “Die konserte…met die OVS Jeugkoor, het ‘n noemenswaardige invloed gehad op koorleiers in Natal.”
(Redaksie: Jan-Erik Swart)
Die artikel is verkry vanaf: http://www.facebook.com/groups/4838312234/doc/10150205625747235/